- Target:
- Orania
- Region:
- South Africa
Die feite spreek van self!
1) Die Koeksister monument is beter as die Voortrekker monument
2) Ons standbeeld van Paul Kruger is nog steeds sy oorspronklike kleur
3) Ons is aansienlik verder van Lesufi af
4) Spitsverkeer is gagga
5) Volkseie arbeid is goed!
6) Pa Sarel se skaaptjops
7) Ma Irma se kaaskoek,
8) Orania se biltong is letterlik die beste op aarde
9) Zebra kry ‘n nuwe spyskaart
10) Korona loop kniediep in die besoedelde strate van Pretoria
11) Orania is beter vir Lelanie se regse bloeddruk
12) Hier het julle beter kontakte! ...as jy weet wat ons bedoel
13) Gratis Au Pair dienste
14) 25% van Soms Wen Die Wolf se musikante woon in Orania. Maak dit 50%
15) Julle gaan die kaggel se rookreuk mis!
16) Sarel en Mia is hier!
17) Orania kort meer mense van Afriforum!
18) Julle Zebra rekening is agterstallig
19) Mens moet in Orania bly om ‘n model Oraniër te wees!
20) Mia en Sarel in hier!
Ons doen ‘n beroep op alle nugterdenkende Orania inwoners en uitwoners om julle stemme dik te maak en op te staan vir dit wat reg en goed is! Dit gebeur nie elke dag dat mens so geleentheid kry om waarlik ‘n kampvegter vir die goeie te wees nie!
Dit is egter net logies dat Ernst en Lelanie Roets in Orania hoort! Na drie maande in die volkstaat is hulle tegnies reeds permanente inwoners en burgers.
Teken asseblief hierdie petisie om sodoende steun te gee aan die groeiende beweging wat eis dat Ernst en Lelanie Roets voortaan permanent in Orania sal woon. Minstens net vir die volgende 5 jaar drie maande en ‘n dag.
Teken nou!
You can further help this campaign by sponsoring it
The Volgehoue Orania arres vir die vlugtende Ernst en Lelanie Roets! petition to Orania was written by Sarel Roets and is in the category Residential Disputes at GoPetition.